Prefekte / Prefects

Met die skeiding van die Hoërskool en Laerskool was 2015 die eerste jaar in Pro-Ed geskiedenis dat die Laerskool Prefekte gekry het.

With the seperation of the Primary School and High School, 2015 was the first year that the Primary School had it's own Prefects.

Laerskool Prefekte 2017
Primary School Prefects 2017

Hoofseun en Hoofdogter
Head Boy and Head Girl

Stacks Image 568

Wilhelm Vermeulen en Lauren Louw

Laerskool Prefekte / Primary School Prefects

Stacks Image 570
Voor van Links na Regs: Andrè van Niekerk, Cornè Burger, Anè van der Merwe, Terina Coetzee, Bianca Booysen, Karli White, Gaeby Stehle
Agter van Links na Regs: Marco Malan, Lee Thomas, Wilhelm Vermeulen (Hoofseun), Lauren Louw (Hoofdogter), RJ Kotze

Hoërskool
Highschool

Prefekte 2017
Prefects 2017

image
Hoofseun: Michael Zapke

Ons groot jaar het uiteindelik aangebreek - 2017!

Hierdie is nie net ‘n groot jaar vir die Leerlingraad of die Matrieks nie, maar vir die hele skool.

Die afgelope 5 jaar in Pro-Ed Akademie was die beste jare van my lewe. In hierdie jare het ek my beste vriende ontmoet, my sporttalente ontdek, lewenslange lesse geleer en ook trots geword om ‘n ambassadeur van Pro-Ed Akademie te wees.

Ek is bevoorreg genoeg om as Hoofseun van 2017 terug te kan gee aan die skool vir al die geleenthede wat Pro-Ed Akademie vir my gebied het.

My doel vir 2017 is om, as leerlingraadsgroep, ons Missie en Visie uit te leef sodat ons, as ‘n voorbeeld, die leerders van Pro-Ed Akademie trots kan maak op die naam van die skool.

In hierdie jaar gaan ons Leerlingraadsgroep en Matrieks in Pro-Ed Akademie die verskil wees sodat hierdie jaar die grootste jaar nog van Pro-Ed Akademie is!

Voorspoed aan alle onderwysers, leerlinge en ouers vir die jaar.

Seëninge.

Michael Zapke

image
Hoofmeisie: Marguerite Wieland

Dit is vir my 'n groot eer en voorreg om Pro-Ed Akademie in 2017 as hoofdogter te dien. Dit is egter 'n groot verantwoordelikheid en 'n reusetaak wat ek met die hulp van 'n baie bevoegde span gaan aanpak.

Ek het reeds vroeg in my ampstermyn besef dat daar baie mense is wat baie hard werk om van ons skool 'n reuse sukses te maak. Hierdie mense sluit onderwysers, ouers, die OOV, die Beheerraad, leerlingraad, ander leiers en al die leerlinge wat hulle beste gee vir ons skool. Daar is ook baie leerlinge wat ons skool se naam op verskeie terreine hoog hou en ons skool verteenwoordig op sport, kulturele en akademiese gebied.

Ek is verder oortuig dat die sukses van Pro-Ed Akademie nie in geld, harde werk of ons vele talente alleen lê nie, maar in die onverdiende guns en genade wat God oor ons skool uitstort.

As hoofmeisie voel ek dat hierdie die gewensde platform is om dankie te sê vir die talle mense wat gereeld "hase uit hulle hoed pluk" om die skool seepglad te laat funksioneer. Ek moet egter byvoeg, die werk is ver van klaar. 2017 Met al sy uitdagings lê soos ‘n brullende leeu en wag. 

My droom vir die skool is dat ons in alles wat ons doen vir God sal vereer en sodoende die gemeenskap rondom ons positief sal beïnvloed.

Ek vra dus dat elke leerling, ouer, personeellid en alle betrokke partye by Pro-Ed sal voortgaan om hulle positiewe insette te lewer. Saam is ons sterker, saam kan ons droom, saam kan ons vooruitbeweeg met reusespronge.

My droom vir die nabye toekoms vir Pro-Ed is dat ons die beste IEB Akademiese resultate in die land sal oplewer, sportligas sal wen en gebalanseerde leerders die wêreld sal instuur.

Mag 2017 'n positiewe jaar wees, vol hoogtepunte en seëninge uit God se hand.

Deo Volente

Marguerite Wieland - Hoofdogter 2017

image
Voor van Links na Regs: M Snyman, L Steenkamp, N Taylor, M Grobler, C Viljoen, M Wieland (Hoofmeisie)
Agter van Links na Regs: M Lombard, N Bosman, J Linde, M Zapke (Hoofseun), J Botes, J Scherer