Aka
demie
Aka
Demie

ProEd Akademie
Pro-Ed Akademie is ’n geakkrediteerde Afrikaanse Christen Privaatskool in Swakopmund, Namibië, wat gestig is in 1995. Ons skool is registreer by die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur en bied persoonlike onderrig van hoë gehalte aan leerlinge vanaf Graad 1 tot Graad 12. Die skool volg die Namibiese Nasionale leerplan, en vanaf Graad 8 word leerders aanvullend voorberei volgens die IEB-riglyne, met die doel om in Graad 12 die IEB Internasionale Senior Sertifikaat af te lê.
By Pro-Ed Akademie glo ons aan ’n holistiese benadering tot onderwys – ons leer ken en ontwikkel elke kind op geestelike, verstandelike, fisiese en emosionele vlak. Die Christen waardes waarop ons etos gebou is, vorm die grondslag van alles wat ons doen – van klas tot sportveld en van kultuuraktiwiteite tot leierskapontwikkeling

