Skip to main content
Raak deel van n skool met 'n verskil

Oor Ons

Alles het begin in 1995

Lees Bietjie meer

Hoërskool

Ons hoërskool hoof

Mnr Christiaan Grobler

Mnr. Christiaan Grobler, die skoolhoof van Pro Ed Akademie, is ’n sagte en liefdevolle mens met ’n hart van goud. Sy toewyding aan die skool, die leerlinge en die personeel straal deur in alles wat hy doen. Hy lei met begrip, empatie en ’n opregte passie om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel. Mnr. Grobler se warmte en nederigheid maak hom nie net ’n leier nie, maar ook ’n mentor en inspirasie vir almal om hom.

Laerskool

Ons Laerskool hoof

Mr Labuschagne

Hy was voorheen, vir 25 jaar, skoolhoof by Danie Joubert in Mariental. Hy was ook hoof van die NAMCOL sentrum in Mariental. Hy bearbei hom vir holistiese studenteontwikkeling en sterk Christelike waardes. Hy is ook ‘n groot voorstaner van goeie balans tussen akademie, sport & kultuur. Hy heg ook hoë waarde aan spanwerk, dissipline en veerkragtigheid.

2025 Prefekte

Ons 2025 Prefekte

Prefekte 2025

More coming soon

2025 Onderwysers

Hoërskool onderwysers vir 2025

More coming soon

Ons Skoollied

Hier staan ons verenig saam, Trots op ons kultuur en taal. Aan ons land en God getrou, Sal ons aan ons toekoms bou.

Koor: Tussen see en Namibduine, Loop ons koersvas op die kruine, Van ons kennis, ywer en geloof, Vol van kennis, ywer en geloof.

Ons sal met volharding leef, Wyl ons na ons Christus streef. Deur te leer, te werk, te speel, Bring ons elke dag ons deel.

Koor: Tussen see en Namib duine, Loop ons koersvas op die kruine, Van ons kennis, ywer en geloof, Vol van kennis, ywer en geloof.

Meer van ons geskiedenis

Die Begin

In 2025 kyk ons terug op 30 jaar… Pro-Ed Akademie het in Januarie 1995 met 17 leerlinge sy deure geopen in die gebou wat destyds bekend gestaan het as die AGS Filadelfia Kerk (deesdae genoem Villa Wiese).

Omdat die skool begin is vanuit die AGS gemeente deur die plaaslike pastoor, Pastoor Hennie Botes en in die kerkgebou, het dit aanvanklik bekend gestaan as Privaatskool Filadelfia. Saam met 17 leerlinge, wat vanaf graad 1 to graad 10 ingeskryf was, was daar 4 onderwyseresse wat na hulle moes omsien tesame met die 1st skoolhoof, Mev. Henriette van Wyk.

Nuwe uitdagings

Daar was aanvanklik 11 leerlinge van Swakopmund, terwyl 6 leerlinge en twee onderwyseresse daagliks tussen Swakopmund en Hentiesbaai gependel het. Dit het slegs ’n kwartaal geduur en daar is toe besluit om ’n Satelietskool op Hentiesbaai te vestig. Die gevolg hiervan was dat die Skoolhoof een dag per week na Hentiesbaai gereis het en dat daar die Bestuursvergadering – wat maandeliks plaasgevind het – alternatiewelik op Swakopmund en Hentiesbaai gehou is. Dit het so aangegaan tot Desember 1997 waarna die Hentiesbaai sateliet geddelte van Filadelfia met die sateliet gedeelte van Moria Privaatskool saamgesmelt het om die Privaatskool Hentiesbaai te vorm wat vanaf 1998 bestaan

Skoolnaam Verander

In Januarie 1997 het Mev. Carina Voges oorgeneem as skoolhoof en in Februarie van dieselfde jaar is die gebou van die Boy Scouts betrek vanwaar die skool sou opereer tot vroeg in 2006.

Gedurende 1998 is die skool se naam verander na Pro-Ed Akademie. Die skoollied is geskryf en in gebruik geneem en die skoolwapen is aanvaar. Op Donderdag 12 Februarie 1998 is die eerste van die nou reeds gevestigde Kus Privaatskole byeenkomste aangebied deur Filadelfia Privaatskool.

Gedurende 1998 het die leerlingtal gestyg tot 53 maar toe die skool in Desember sluit het sleg 7 leerlinge vir 1999 ingeskryf. Slegs 1 van die 7 personeellede was beskikbaar vir die volgende jaar. Hierdie situasie was die gevolg van die bedanking en emigrering van Mev. Voges en haar gesin na Nieu-Zeeland. Drie ander personeellede het onderskeidelik verhuis na Suid-Afrika en Amerika. Die jaar 1999 is begin met 7 leerlinge en afgesluit met 10 leerlinge

30 Jaar later

Hierna het die getalle net gegroei en daar is nooit weer terug gekyk nie.

Skoolhoofde het gekom en gegaan en elkeen het sy of haar besondere merk gemaak. So was daar Mev. D Visser (1999), Mev. Amanda Fleidl (2000-2001), Mev. A Odendaal (Jan 2002-Jun 2002), Mnr. Carl Human (Julie 2002-2004), Mev. Alette van Greunen (2005-2006), Mnr. Christiaan Grobler (Augustus 2007-tans).

Pro-Ed is vandag gevestig in die gemeenskap, asook groter Namibia neem kennis van hierdie skool. Pro-Ed Akademie gaan voort om te groei en te ontwikkel. Dit is ons plig en vertroue dat personeel, ouers en leerlinge saam sal werk en mekaar ondersteun en begelei sodat leerlinge met trots hul plek in die samelewing sal inneem as goed geskoolde en volwaardige landsburgers.

Contact us

  • Address

    Boabab Straat
    Swakopmund

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop